Existing Member?

Travel Tales and Photos

Hoe gaan dit?

ARGENTINA | Tuesday, 4 December 2007 | Views [844]

Nou ja, hoe gaan dit?  Ons het nou uiteindelik gister aand in Buenos Aires geland.  Die stad is vreeslik groot, maar dit lyk baie "nice". Ons het gisteraand tot laat in San Telmo distrik,waar ons hostel is, rondgeloop en saam met almal op straat gekuier en Tango straat vertonings gekyk.

Ons het die amper 3 weke in Brazil baie geniet, maar dis nou soos die see-vakansie wat verby is en die regte hard core travel moet nou begin.   Ons beplanning was nog gebaseer op die fietsry van Sao Paulo na Rio, daarom het ons die vlug na Buenos Aires eers vir gister bespreek.  Toe ons vakansie nou die moontlike upgrade na motorfietse gekry het (die dag voor ons weg) is, het ons probeer om vlugte te verander, maar dit sou maar baie kos, en ons kies maar altyd die besparings opsie.

Daarom het ons heeltyd in Brazil uitgesien na Argentinia, sodat ons kan begin sukkel met die probleme rondom motorfietse koop en verkoop in ´n vreemde land in ´n taal wat jy nie verstaan nie. Ons het nou net daarmee begin, en dit is nie maklik nie, het nou net teruggekom van ´n handelaar en moet nou so 2 ure wag om ons uur lank trein terug huis toe te vang... sal meer vertel as ons self weet wat aangaan.  O, het ook ´n bankroof gesien en groot geskrik, maar ek is bly om te se dat die mense het ook geskrik toe die skote klap, so dit is nie ´n daaglikse verskynsel nie!

Wil gaan kyk of ek vir my kan Spaanse klasse kry, en Henk wil Tango klasse gaan doen.  Ek dink ons gaan saam altwee moet probeer.  Hy het ook die Spaans nodig - en ek dink nie hy moet alleen leer Tango nie!

So - dit gaan goed met ons, ons geniet dit nog vreeslik en ons hoop nou net dat ons reg kom met die motorfietse. Groete,Ada.

Tags: On the Road

 

 

Travel Answers about Argentina

Do you have a travel question? Ask other World Nomads.