Existing Member?

My Camino

oor 3 weke

SOUTH AFRICA | Tuesday, 11 September 2012 | Views [205]

Gister oor 3 weke vertrek ek vanuit Suid-Afrika!

Vandag oor 3 weke land ek in Madrid!

More oor 3 weke begin my groot staptog vanaf Ponferrada na Santiago de Compostela.

Dinge begin nou so stuk-stuk in plek val.  Vandag my reisversekering gekoop en afskrifte daarvan deurgegee na Marcello, vir ingeval dit sou nodig wees.

Ek en Jennifer stap gereeld en het al oor die laaste paar weke so oor die 200 kilometer gestap ter voorbereiding.

Klere, stapskoene ens meestal aangeskaf.  Kry die week 'n antibiotika voorskrif by Dr Angela om saam te neem vir ingeval. Besig om pleisters vir blase, en goedjies bymekaar te sit vir my "eie" eerstehulptassie.

Dis nogal moeilik om jou kop by werk te hou as opwinding dit plek-plek wil beset...

About suzanneb


Follow Me

Where I've been

My trip journals



 

 

Travel Answers about South Africa

Do you have a travel question? Ask other World Nomads.